Wetenskapbokse

Bestel ‘n wetenskapboks!

Die Witjassies se wetenskapbokse is ontwikkel vir kinders wat tussen 3 en 12 jaar oud is – mamma of pappa help net die jonger maatjies ‘n bietjie meer.  Ons doen lekker eksperimente wat belangrike wetenskaplike beginsels by kinders tuisbring. Die instruksie-boekies gee stap-vir-stap aanwysings en is nie net propvol lekker eksperimente nie, maar verduidelik wetenskaplike beginsels op ’n sistematiese en logiese manier.

Elke wetenskapboks bevat ‘n minimum van 9 projekte/eksperimente en al die voorbereiding is ingesluit om hierdie ‘n moeitevrye ondervinding te maak. Ons sluit wetenskaplike apparaat by elke boks in en so versamel jy jou eie stelletjie wanneer jy die bokse in volgorde bestel, 1 – 4.

Notas:

  • Daar is ’n reeks van vier bokse beskikbaar en die projekte/eksperimente in elke boks is onafhanklik van ander bokse s’n. Die bokse moet wel in volgorde bestel word aangesien apparaat uit die eerste bokse ook in latere bokse gebruik word.
  • Elke wetenskapboks kos R480 en sluit koerierkostes in.
  • ‘n Laboratiumjassie en/of bandana kan as ‘n addisionele item bestel word.
  • Bloemfonteiners kan bestellings by 44 Stratfordstraat, Heuwelsig, Bloemfontein teen R380 per boks afhaal.
  • Dit neem tussen 7 en 14 dae om ’n wetenskapboks gereed te kry.
  • Indien jy in ‘n afgeleë area woon word jou wetenskapboks na jou naaste PostNet gekoerier.
  • Indien die afleweringsadres buite Suid-Afrika lê, is ekstra koerierkostes van toepassing. ‘n Finale kwotasie sal verskaf word in sulke gevalle.