Wetenskap met ‘n verskil
Kom ervaar Die Witjassies Natuurwetenskappe Program waar wetenskap ‘n nuwe baadjie kry.
Gedurende ons lesse sal Molly, Marius en elke Witjassie wat deelneem woestyne, woude, plooiberge, grotte en selfs oseane eksploreer. Hulle hardloop saam met renosters, kameelperde en paddas rond en ontdek fossiele en leer hoe hul gevorm het. Voedselkettings, dinosourusse, vulkane en natuurrampe word uitmekaargetrek en ondersoek en ons sien hoe spesiaal en belangrik iets so klein soos DNS is. Ons bestudeer bloedgroepe, bakterië en ongelooflike chemiese reaksies. Die muise het ook eendag hulle eie vuurpyl gebou en ons besoek toe die maan en ook Mars…
Tydens ons wetenskap-avonture sing die muise graag oor interessante beginsels en besoek hulle gereeld ons Periodieke Kasteel van Elemente waar Witjassies kennis maak met chemie en die boublokke waaruit alles bestaan.


Witjassies Natuurwetenskappe Program
Ons lesmateriaal is ontwikkel deur wetenskaplikes wat ‘n liefde vir wetenskap by hulle eie kinders wou kweek. Om elke les so onvergeetlik moontlik te maak, word eksperimente, demonstrasies, stories, inkleurprente en ook liedjies ingespan. Die manier wat Die Witjassies wetenskap benader maak dat belangrike wetenskaplike beginsels alledaags en verstaanbaar word en selfs abstrakte konsepte maklik verstaan en onthou word. Ons glo dat enige kind ‘n liefde en begrip vir wetenskap kan toon wanneer die vak op die regte manier aangebied word. Meer as negentig uiteenlopende lesse vorm tans deel van Die Witjassies se kurrikulum.
Die Witjassies Natuurwetenskappe Program word by kleuterskole en laerskole aangebied as ‘n buitemuurse aktiwiteit en ons gaan kuier ook graag by skole en bied dan ‘n instappie vir al die leerders aan. Die muise is baie lief daarvoor om partytjies by te woon en saam met almal ‘n lekker eksperiment te doen. Kontak ons gerus om meer uit te vind hieroor.
Kyk uit vir ‘n sertifikaat wat aan die einde van die skooljaar vir elke Witjassie uitgedeel word. Daar word ook aan die einde van elke voltooide jaar ‘n Witjassies-wapen (badge) uitgedeel wat wys hoeveel jaar daar al aan Die Witjassie Natuurwetenskappe Program deelgeneem word.






Kontak 'n fasiliteerder
Kontak ‘n fasiliteerder in jou omgewing om saam met ons op ons wetenskap-avonture te gaan.
Ontmoet vir Molly en Marius
Ontmoet vir Molly en Marius, ons twee Witjassie muise.
Franchise geleenthede
Is jy lus om jou eie ding te doen en saam met die Witjassie muise pret te hê?