Franchising Geleenthede

Is jy ouer as 21 en lus om jou eie ding te doen en saam met die Witjassie muise pret te hê?
Indien jy ‘n energieke persoon is met ‘n voorliefde vir kennis en kinderopvoeding en jy in jou dorp of area Witjassies klasse wil begin kan jy die onderstaande vorm invul ter aansoek. Die aansoek moet vergesel word deur ‘n afskrif van jou identiteitsdokument.
Molly en Marius sal jou mooi wys hoe dinge werk en opleiding gee om beide die klasse en die administrasie van jou besigheid in ‘n japtrap baas te raak.
‘n Witjassies-besigheid is ideaal vir werkende mammas wat meer tyd saam met hulle kinders wil spandeer of persone wat bloot deel wil wees van die ongelooflike voorreg om kinders se horisonne te verbreed en ‘n positiewe verskil in hulle lewens te maak
Navrae kan gerig word aan Tiani Roelofse by witjassies@gmail.com.