Ontmoet Molly & Marius

Ons avontuurlustige Witjassie Muise

Ontmoet vir Molly en Marius, ons twee Witjassie muise. Dié jong wetenskaplikes gaan gereeld op avonture waar hulle beginsels en wette van die natuurwetenskappe inspan om taai tameletjies op te los deur eksperimente en projekte te doen. Hulle grootste droom is om elke klein Witjassie ‘n liefde vir èn selfvertroue in wetenskap te gee. Kom vergesel hulle op hulle avonture en word ‘n wetenskaplike extraordinaire!! 

Beste voornemende Witjassie

Ons hoop dit gaan baie goed met jou! Hier in die Pragtige Vallei is dit nou hoogsomer en met die hoë temperature verwag ons weer ‘n paar tornado’s en lekker reënbuie.

Ons vulkaan daar aan die oostekant van die vallei rook deesdae gereeld, en ons is seker dat ons gister sy diep kreune verweg hoor rammel het. Ons weet hy gaan een van die dae wakker word en verwag dat die lawa weer myle ver sal loop. Maar, moenie skrik nie! Ons het mos almal ‘n bietjie Indiana-Muis-Jones bloed in ons en daarom maak hierdie aktiwiteite ons glad nie bang nie maar baie, baie opgewonde, want ons verstaan presies hoe ‘n tornado en selfs ‘n vulkaan werk.

Dit is baie lekker vir ons om nuwe dinge te ontdek en alhoewel ons al lank Witjassies is, hang Molly se muis-bekkie nog steeds oop wanneer ons op ‘n dinosourus se nes of bene afkom.

Hier is iets vir elke smaak en ons leer saam-saam terwyl elkeen sy eie eksperiment of projek doen. Marius se gunsteling-onderwerpe is die sterre en die buitenste ruim en ook korale onder in die see (hier moet ek, Molly, net noem dat Marius eers nie geweet het dat korale en seesponse soos Spongebob lewendige diertjies is nie – ja, ons almal leer nog elke dag!)

As jy ook wil leer oor die wonderlike manier wat die wêreld aanmekaar gesit is, is Die Witjassies die aktiwiteit vir jou!

Hiermee nooi ons jou uit om saam met ons op ons wetenskap-avonture te gaan.
Nou moet ons eers groet want ons sien daar kom groot borrels en pers rook by ons laboratorium se vensters uit! Ons gaan gou hardloop en ‘n paar verstellings aan die spesifieke eksperiment maak.

Ons hoop om jou binnekort te ontmoet.
Groete uit die Pragtige Vallei

Molly & Marius
Die Witjassie muise 

error: Content is protected !!